Hoender

Meng die mielieblom, sojasous en eierwit en doop die ­filette in die mengsel.

Braai die hoender in ­sarsies in die olie tot net gaar; nie oorgaar nie. Haal uit die pan.

Groente

Giet kookwater oor die blomkool en dreineer. Roerbraai die groente in ’n bietjie olie tot net gaar maar nog krakerig.

Sous

Meng al die bestanddele vir die sous en voeg by die groentemengsel.

Roer tot die sous effens verdik het, voeg die hoenderfilette by en verhit tot warm.

Vir voorsit

Sit voor saam met die basmatirys en strooi die sesam-­sade oor.