Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n oondbak goed met kossproei.

  • Verhit die olie en braai die ui tot geurig. Voeg die sampioene by en roerbraai tot sag. Voeg die lourierblare, komyn- saadjies en masala by en roerbraai tot geurig.
  • Roer die botter by en sprinkel die meel oor. Meng goed en voeg die jogurt by. Verhit en roer aanhoudend. Meng die mayonnaise en suur­lemoensap deur.
  • Geur die hoenderporsies met die sout na smaak en pak saam met die broccoli in die oondbak.
  • Afronding: Skep die sampioensous oor die hoender en broccoli en bedek die bak met foelie. Rooster 40 min.
  • Haal die foelie af, sprinkel die cheddar oor en bak nog 10-15 min. of tot die hoender goudbruin is.