Voorverhit die oond tot 190 ºC.

  • Groente Meng al die groente, geur met sout en peper, sprinkel roosmaryn oor en pak in ’n oondbak. Giet die olyfolie oor. Meng goed deur en versprei die groente in ’n enkellaag in die bak.
  • Hoender: Meng die asyn, water, suiker en koffiepoeier. Geur die hoender met sout en peper; vryf goed in met die asynmengsel.
  • Plaas die hoender op die groente, bedek en oondbraai sowat 1 uur. Verwyder die foelie halfpad sodat die hoender lekker bros kan bak. Sprinkel pietersielie oor.