• Geur die hoenderfilette met sout en peper. Plaas in ’n bak en voeg die speserye en ’n goeie skeut olyfolie by. Meng die speserymengsel goed deur die hoender.
  • Verhit sowat 30 ml (2 e) olie in ’n pan en braai die uie stadig tot gekaramelliseer. Skep uit.
  • Braai die hoender in nog sowat 45 ml (3 e) verhitte olie in dieselfde pan tot mooi gebraai buiteom. Skep uit.
  • Voeg die rys in die pan, meng deur die geurige panvette, skep die uie bo-op. Geur goed met sout en peper. Voeg die rosyne by, giet driekwart van die hoenderaftreksel oor en bedek. Verlaag die hitte en laat prut vir sowat 20 min. of tot die rys sag is en die meeste water weggekook is. Voeg die hoender ná 10 min. by (voeg meer hoenderaftreksel by soos nodig).
  • Verwyder die deksel, plaas vadoek oor die rysmengsel, plaas deksel terug, en plaas terug op die plaat. Stoom nog sowat 10 min.
  • Roer die kruie en haselneute deur die hoender.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met die jogurt waarby die olyf­olie ingemeng is.