Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer 2 groot bakplate met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Vulsel: Verhit die olie in ’n diep pan en braai die uie tot sag. Voeg die knoffel en brandrissies, indien gebruik, by en roerbraai nog 1 min.
  • Roer die hoender en ert­jies by en roerbraai tot deurwarm. Voeg die res van die bestanddele by en meng deur. Haal van die hitte af en hou eenkant.
  • Pasteie: Sny die filodeegstapel in die lengte in die helfte. Plak 2 halwe velle op mekaar met die gesmelte botter. Skep van die vulsel in ’n reghoek aan die onderpunt en verf die res van die vel met botter. Vou die vulsel­deel om, vou die kante in en vou die pastei toe tot bo. Plaas op die bereide bakplaat. Herhaal met die res van die deeg en vulsel. Verf die pasteie bo-op weer liggies met botter.
  • Verkoel die pasteie tot nodig of bak 15-20 min. in die ver­hitte oond tot goudbruin en bros.