Voorverhit die oond tot 160 °C. Hou 1 groot of 2 kleiner oondbak(ke) byderhand.

  • Geur die hoenders met die sout en vars gemaalde peper. Stop die holtes van die hoenders styf met die suurlemoene en uie. Bind die boudjies met slagterstou aan mekaar vas.
  • Vryfmengsels: Meng die bestanddele vir die 3 verskillende vryfmengsels in 3 verskillende bakke. Vryf elke hoender oraloor met een van die vryfmengsels. Plaas die hoenders in die oondbak(ke) en bedek met foelie. 
  • Braai die hoenders 1 uur en 10 min. Verhoog die oondtemperatuur tot 230 °C en haal die foelie af. Braai die hoenders nog 15-20 min. of tot goudbruin. Haal uit die oond, laat die hoenders 15 min. rus en sny soos verlang.