Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat.

  • Smeer elke vel filodeeg met die botter.
  • Plaas 2 velle opmekaar op ’n plat oppervlak. Sprinkel driekwart van die sonneblomsade en neute of amandels bo-oor. Streep ’n bietjie heuning oor die neute.
  • Plaas die ander 2 velle op mekaar en plaas bo-op die filodeeg wat met die neute besprinkel is. Sprinkel die orige sade en neute oor.
  • Sny in 16 groot blokke en pak op ’n gesmeerde bakplaat. Bak sowat 15 min. of tot bruin. Laat afkoel en hou in ’n lugdigte houer tot nodig.

Vulsel

  • Klits die room styf en meng die jogurt, versiersuiker en geursel by. Verkoel tot net voor voorsit.
  • Plaas ’n filoblok op ’n bord, skep ’n bietjie van die jogurtroom oor en pak dun skyfies vrugte op. Herhaal en plaas ’n
    filoblok heel bo-op.
  • Sif versiersuiker oor en rond af met takkies ment.