Voorverhit die oond tot 180 ºC.

  • Verhit die olie en braai die sampioene daarin tot net gaar.
  • Kap die hoenderborsies platter en geur met sout en peper. Doop in eiers en daarna in broodkrummels.
  • Pak in ’n gesmeerde bak. Voeg die sampioene by.
  • Meng die jogurt en room en giet bo-oor. Rasper die bloukaas ­bo-oor.
  • Bedek met tinfoelie en bak 20-25 min. of tot gaar. Verwyder tinfoelie en bak nog so 10 min. of tot goudbruin bo-op. Sit voor saam met slaai.