Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Indien moontlik, gebruik ’n groot pan of diep kastrol wat in die oond pas. Verhit die olie in die pan en braai die uie, knoffel, brand­rissies, gemmer en sitroengras tot sag en geurig.
  • Verlaag die hitte en giet die klappermelk en hoenderaftreksel by. Laat die sous 5 min. prut. Geur met die lemmetjiesap en vissous.
  • Roer die koljander­blare deur die sous en haal van die hitte af.
  • Geur die hoender met die sout en vars gemaalde peper. Pak die hoender met die velkant na bo, gevolg deur die gemmerskywe, in die sous. Bedek die hele pan of kastrol met tinfoelie.
  • Plaas die pan in die oond en bak 1 uur. Haal die tinfoelie af, verhoog die hitte tot 200 °C en bak die hoender nog 15-20 min. of tot goudbruin.
  • Vir afronding: Sit die hoender voor saam met die sous, lemmetjiewiggies en ekstra koljanderblare.