• Hoender: Knip die ruggraat van die hoender uit met ’n vleisskêr. Draai die hoender sodat die borskant bo is en druk plat met die palm van jou hand tot die borsbeen kraak.
  • Plaas die sout, suiker, lourierblare, knoffel en uie in ’n groot glasbak of niemetaal-marineerbak. Voeg die water by en meng tot die sout opgelos is. Plaas die hoender in die piekelmengsel en verkoel 2 uur of oornag – die hoender moet heeltemal met die mengsel bedek wees; indien nie, voeg nog water by.
  • Maak 'n braaivuur met genoeg kole. Plaas 'n staander in die kole en hou 'n toeknyprooster byderhand. Haal die hoender uit die piekel en klad droog.
  • Geur die hoender met die peper en speserye en braai 35-40 min. oor matige kole of tot goudbruin en gaar.
  • Spekboomsalsa: Meng al die bestanddele goed.
  • Afronding: Sodra die hoender gaar is, skep die salsa oor en sny in porsies.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.