• Geur die hoenderborsies met sout en peper.
  • Meng die koekmeel en kaas. Plaas in ’n plat bak.
  • Klits die eiers en plaas in ’n ander plat bak.
  • Rol die hoenderborsies eers in eier, dan in koekmeelmengsel. Herhaal.
  • Braai in verhitte olie tot bruin. Plaas deksel op en stoombraai tot net gaar. Skep uit.
  • Vee die pan uit, voeg ’n goeie klont botter by, verhit tot gesmelt en voeg die suurlemoen, pietersielie en knoffel by. Verhit tot warm.
  • Sit die hoenderborsies voor op die broccoli en giet die suurlemoensous oor.