Hoender

  • Pak die hoender in ’n marineerbak en voeg die res van die bestanddele by.
  • Meng goed deur, bedek en laat minstens 30 min. of oornag in die yskas marineer.

Kebabs

  • Ryg die hoenderblokke om die beurt met die groente aan die roosmaryntakkies.
  • As jy sukkel om die kebabs te ryg, sny die punt van elke roosmaryntakkie skerper met ’n mes.
  • Pak die kebabs in die mandjie van ’n lugbraaier en rooster 12-15 min. by 200 °C of tot gaar.