Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n bakplaat met foelie uit en bespuit met kossproei. 

  • Brijanirys: Verhit die olie en botter in ’n kastrol en braai die ui, knoffel en gemmer tot goudbruin. Voeg die res van die bestanddele by en bedek met 750 ml (3 k) water. Bring die rys tot kookpunt en laat 15-20 min. prut of tot die rys sag is.
  • Hoender: Maak die vel van die borsies effens los. Stop die rys onder die vel in. Steek die vel vas met ’n tandestokkie. Herhaal met al die borsies en pak op die bakplaat.
  • Geur die hoender met die sout en peper en drup die olie oor. Rooster 40 min. in die verhitte oond of tot goudbruin en gaar.
  • Bombaai-aartappels: Verhit die olie in ’n pan en braai die ui en rissies tot goudbruin. Voeg die speserye by en roerbraai tot geurig. Voeg die aartappels en koljander by en braai tot die aar­tappels deurwarm is. Geur met sout.
  • Vir voorsit: Sny die hoender van die been af en sit voor saam met die aartappels, koljander en jogurt.