• Voorverhit die oond tot 180 ºC.
  • Verwyder die soetrissies se pitte en skeur in groot stukke.
  • Skil die uie, sny in kwarte en maak die lae los van mekaar. Plaas alles in ’n oondbraaipan van 30 x 40 cm.
  • Gebruik ’n groot, skerp mes of kombuisskêr om die ruggraat van die hoender los te sny of knip. Druk liggies plat en maak klein insnydings aan die boudjies.
  • Plaas die hoender in die pan saam met die harissa en ’n bietjie seesout, swartpeper en rooiwynasyn. Meng goed en sorg dat die hele hoender ingevryf is.
  • Sit die hoender met die velkant na bo op die groente neer en oond braai 50 min. of tot bros en deurgaar. Strooi die kruisementblare voor opdiening oor.