Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

  • Botterskorsie: Versprei die botterskorsie op die bakplaat. Drup die olie oor en geur met die sout en peper. Meng alles goed deur die botter­skorsie; rooster 20 min. in die verhitte oond of tot gaar.
  • Risotto: Verhit die botter in ’n diep pan en braai die knoffel tot geurig. Voeg die hoender by en roerbraai tot gaar.
  • Voeg die blomkole en room by, verlaag die hitte en voeg die spinasie by. Meng alles goed en sit ’n deksel op die pan. Stoom 5 min. of tot die spinasie verwelk het.
  • Roer die botterskorsie, kaas, suurlemoen-skil en -sap deur. Geur die risotto na smaak met sout en vars gemaalde peper. 
  • Vir voorsit: Sit voor saam met nog geras­perde kaas en suur­lemoenwiggies, indien verkies.