• Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte. 
  • Braai die chorizo en uie 7-8 min. Roer af en toe tot die uie sag is en die chorizo olie vrystel. Skep die mengsel met ’n gaatjieslepel uit en los die olie in die pan.
  • Plaas die hoender in die pan. Strooi die paprika, knoffel en origanum oor, geur liggies en stel die hitte hoër. Braai die hoender 4 min. per kant tot bruin.
  • Giet die wyn by en skraap die aanpaksel op die boom van die kastrol los. Roer die gebraaide uie, chorizo, aftreksel en tamaties met ’n vurk in. Stel die hitte op laag en laat 45 min. sonder ’n deksel prut. Roer af en toe.
  • Garneer soos verkies en sit voor saam met baba-­aartappels, groente en rys.