• Patties: Meng die hoender en karringmelk in ’n groot, vlak bak. Verkoel 30 min. in die yskas.
  • Meng die meel, paprika, uiesout, selderysout, peper en suiker in ’n plastieksak.
  • Haal die hoender uit die karringmelk en gooi die karringmelk weg. Voeg die gedreineerde hoenderstukke een vir een by die speserymengsel in die sak. Skud om die hoender met die speserymengsel te bedek en skud dan sagkens enige oortollige kruiemengsel af. (Jy wil nie te veel verwyder nie.)
  • Maak ’n groot diepbraaipan ’n derde vol olie en verhit. 
  • Braai die hoender sowat 5 min. of tot deurgaar in sarsies terwyl jy dit gereeld omdraai. Verwyder uit die pan en dreineer op ’n draadrak of kombuispapier.
  • Vir voorsit: Braai intussen die spek onder ’n oondrooster tot bros en plaas dit op ’n draadrak of kombuispapier.
  • Vul die rolletjies met hoender, spek, mayonnaise, tamatieskywe en roket.