• Hoender: Giet die rooibostee en hoenderaftreksel in ’n diep kastrol met ’n deksel en bring tot kookpunt. Roer die suiker (indien gebruik), kruie, knoffel en ui by en bring weer tot kookpunt.
  • Voeg die hoenderbors­filette by die mengsel en bring weer tot kookpunt. Plaas die kastrol se deksel op en verwyder van die hitte. Laat 1 uur eenkant staan.
  • Brandrissiesous: Meng al die bestanddele goed.
  • Vir voorsit: Breek die lobbe van die geroosterde uie (indien gebruik)van mekaar af en pak op bordjies. Haal die hoender uit die aftreksel en sny in skyfies. Pak bo-op die uie en drup die brand­rissiesous oor. Sit voor saam met die suurlemoenwiggies en vars kruie.