Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 'n bakplaat met kossproei.

  • Smoor: Pak die tamaties en ui op die bakplaat uit, drup die olyfolie oor en geur met die sout en peper. Rooster 15-20 min. of tot die groente sag en effens geskroei om die kante is.
  • Geur met die suurlemoensap, indien gebruik.
  • Chakalaka-botter: Plaas al die bestanddele saam in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot fyn en goed gemeng. Skep uit en hou eenkant.
  • Hoender: Gebruik ’n vleishamer of die palm van jou hand en kap die filette platter. Geur met die sout, peper en tiemie.
  • Verhit die olie in 'n pan en braai die hoender in sarsies oor hoë hitte tot goudbruin aan albei kante (sowat 2 min.). Skep die hoender uit die pan en hou eenkant.
  • Verhit 30 ml (2 e) van die chakalaka-botter in dieselfde pan en pak die hoender daarin terug.
  • Braai nog 10-15 min. of tot die hoender gaar is.
  • Vir voorsit: Sit die hoender voor saam met die smoor en nog van die chakalaka-botter, indien verkies.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.