• Sny die hoenderborsies in happiegrootte-stukke en plaas in ’n middelslagbak.
  • Voeg die res van die ­bestanddele by en laat marineer 1 uur.
  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Plaas die gemarineerde hoenderstukke op ’n bakplaat en bak 20 min. Skakel die oondrooster aan wanneer die hoender lekker sag is en rooster tot die hoender aan die kante begin brand.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met poppadoms en tzatziki vir doop.

WENK

Jy kan ook die ­hoenderstukke aan vleispenne ryg en oor die kole braai terwyl jy dit gereeld omdraai sodat dit egalig gaar word.