Meng die braaihoender en pesto in ’n klein bak.

Skep opgehoopte tee­lepels van die hoendermengsel in die middel van elke wontonvel en verf die kante van die deeg met water. Knyp die kante saam om die vulsel te bedek.

Bring die hoenderaftreksel tot kookpunt in ’n groot kastrol.

Voeg die wontons by en laat prut sowat 3-5 min. sonder ’n deksel of tot die wontons deurgaar is. Geur na smaak.

Afronding

Garneer die sop met vars koljanderblare en dungesnyde rooi brandrissie as jy wil.

Wenk
Geurige Oosterse kragsop Voeg die volgende by die aftreksel: 5 cm gemmerwortel, in skywe gesny, 2 heel rooi brandrissies, 1 stuk kaneel, 3 steranyse, 10 ml (2 t) komynsaad, 10 ml (2 t) Chinese vyfspeserypoeier, sap van 2 lemmetjies, 30 g koljanderblare, 15 ml (1 e) bruinsuiker en 60 ml (¼ k) sojasous. Laat prut 5 min. Giet deur ’n sif en voeg die wontons by.