• Plaas die uie, knoffel, gemmer, suurlemoen- skil en  -sap, speserye en sout in ’n voedselverwerker en kap fyn. Meng die jogurt by.
  • Sny die hoender in blokkies, plaas in ’n niemetaalbak en giet die sous oor. Marineer ’n paar uur of oornag in die yskas.
  • Ryg die hoenderstukkies afwisselend met uie en droëvrugte aan sosatiestokkies, en braai oor die kole of in ’n warm oond tot net gaar, maar nie droog nie.
  • Vir voorsit: Sit voor op platbrood saam met mango-atjarsalsa.
Mango-atjarsalsa

Maak 250 ml (1 k)

Bestanddele

1 x 410g-bottel mango-atjar
125 ml (½ k) klappermelk
’n groot hand vol vars ­koljanderblare, gekap
60 ml (¼ k) geroosterde klapper 
’n hand vol ongesoute grondbone 

Metode

  • Plaas die atjar in ’n voedselverwerker saam met die klappermelk en pols tot glad.
  • Skep uit in ’n bakkie en sprinkel die koljanderblare, klapper en grondbone oor. Sit voor saam met die sosaties.