Voorverhit die oond tot 200 °C. 

  • Patats: Sny die patats in wiggies. Smeer die helfte van die olyfolie op ’n groot bakplaat. Rang­skik die patatwiggies op die geoliede bakplaat en bedruip met die res van die olyf­olie.
  • Geur met die sout en vars gemaalde peper en rooster 25-30 min. of tot die patats sag is.
  • Hoender: Sny in die lengte ’n gleuf in elke hoenderborsfilet sonder om heeltemal deur te sny. Geur die hoender met die speserye.
  • Stop elke borsie met ’n paar groenboontjies en mozzarellaskywe. Bind die borsies met vleistou vas.
  • Verhit die olie in ’n kleefvrye pan en braai die hoenderborsies tot goudbruin aan albei kante. Pak die hoender op ’n bakplaat en rooster nog 10-15 min. of tot deurgaar.
  • Vir voorsit: Sit die hoender voor saam met die patatwiggies en garneer met die basilie­blare. S