Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei. 

  • Happies: Plaas die patat en eiervrugte op die bakplaat, geur met die sout en peper en bedruip met die olyfolie. Bak 30-35 min. tot die groente sag is. Verwyder uit die oond en laat dit heeltemal afkoel. Sodra dit afgekoel het, maak die groente fyn. 
  • Plaas die hoender in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Skep in ’n groot mengbak, voeg die fyn groente, broodkrummels, paprika, knoffelpoeier, kaneel en pietersielie by en geur met sout en peper. Meng goed. 
  • Maak 20-24 balle van die hoendermengsel, druk effens plat en pak op ’n skinkbord uit. Plaas vir 30 min. in die vrieskas.
  • Krummel: Haal die happies uit die vrieskas, ­bestuif met die mielieblom en hou eenkant.
  • Verhit olie in ’n kleefvrye pan oor matige hitte. Giet die geklitste 
    eiers in ’n diep bak en die graanvlokkies in ’n ander. Doop die happies in die eier en dan in die vlokkies en braai in sarsies 1 min. per kant. 
  • Skep dit op die groente se bakplaat uit en bak nog 10 min. in die oond.
  • Vir voorsit: Sit die happies voor saam met doopsouse.