• Piekel: Plaas die gemmer, asyn, water, suiker en sout in 'n kastrol en bring tot kookpunt.
  • Plaas die kool, wortels, brandrissie en radyse in 'n groot bak en giet die piekelmengsel oor. Laat 4 uur in die yskas afkoel.
  • Kerrie: Braai die ui in olie tot sag, voeg die knoffel by en braai tot geurig. Voeg die speserye by en meng deur. Skep uit.
  • Geur die hoender met sout en peper en braai in dieselfde kastrol tot bruin; roer gedurig. 
  • Voeg die uiemengsel en tamaties by. Verlaag die hitte en laat prut 20 min. tot geurig. Roer die koljanderblare by.
  • Avokadosous: Maak die avokado saam met die appelasyn in 'n voedselverwerker fyn, giet die water en olie by en pols tot glad. Geur goed.
  • Vir voorsit: Skep die kerrie in koolblare op en sit  voor saam met die sous en piekel. 
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.