Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Smeer 4 velle filodeeg met die botter en stapel opmekaar. Plaas in ’n gesmeerde koekpan of tertbord sodat die kante oorhang. Jy gaan later die kante invou.
  • Braai die preie in ’n bietjie botter tot sag.
  • Klits die roomkaas tot sag. Voeg die eiers en suurroom by en meng goed. 
  • Meng die hoender, preie, kaas en sondroë tamaties by en skep die mengsel in die bereide bak. 
  • Frommel die kante sodat dit effens oor die vulsel is. Bak 60 min. of tot die vulsel gestol en die deeg goudbruin is.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.