• Plaas die hoender in ’n niemetaalbak, geur met die sout en peper en giet die suurlemoensap oor. 
  • Plaas die ui, knoffel en gemmer in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyngekap. Voeg die kruie, jogurt en suur­lemoensap wat oor die hoender gegiet is by. Verpulp en giet oor die hoender. Marineer minstens 1 uur, maar verkieslik oornag.
  • Ryg die hoender aan die kebabstokkies en oondrooster (of braai oor die kole) tot bruin buiteom. Behou die marinade.
  • Masala: Smelt die ghee of botter in ’n pan, voeg die ui en knoffel by en braai tot sag. Sprinkel die brandrissiepoeier en kaneel oor en meng goed. 
  • Voeg die kardemom, ­koljander en anys by en roerbraai 2 min. Voeg die res van die jogurtmarinade, jogurt en water by en bring tot kookpunt. 
  • Voeg die hoender by en verhit 5-10 min. 
  • Vir voorsit: Garneer met die koljanderblare en sit voor saam met die naanbrood, koljander­sambal en lemmetjies. 
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!