Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n groot oondbak deeglik met kossproei.

  • Verhit die olie in ’n kastrol en braai die spek tot bros. Voeg die preie, knoffel en tiemie by en roerbraai tot die preie sag is. 
  • Sprinkel die meel oor en roer deur. Verlaag die hitte en giet die melk en room by. Laat die mengsel liggies prut en roer aanhoudend tot die sous verdik.
  • Roer die heelkorrel- en Dijonmosterd en hoender by en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Vir afronding: Rol die deeg op ’n meel­bestrooide oppervlak uit en voer die bak met een van die rolle deeg uit. Skep die vulsel in die bak, verf die  kante van die deeg met die eier en sit die ander vel deeg bo-op. Verseël die kante goed en verf die deeg met die eier.
  • Sny ’n gleuf in die pastei en bak ­40-45 min. of tot die deeg gaar en goudbruin is.