• Geur die hoender met sout en peper; bestrooi met die mielieblom. 
  • Verhit die olie in ’n wok of groot pan. Braai die hoender in bondels tot dit bruin is, skep uit en laat staan eenkant.
  • Plaas die groente in dieselfde pan; roerbraai 3-5 min. Giet die sous daarin, skep weer die hoender in die pan en roerbraai nog 3-5 min.
  • Vir voorsit: Roer die gekapte sprietuie deur, sprinkel pietersielie oor en sit voor saam met die rys.
Foto: Jacques Stander


Roerbraai-pakkie #1
  • 350 g blomkool, in blommetjies gebreek
  • 80 g suiker-ertjies
  • 1 elk rooi, groen en geel soetrissie, gesny


Foto: Jacques Stander

Rissiesous (Lewer sowat 120ml)
 
  • 60 ml (¼ k) heuning
  • 30 ml (2 e) sojasous
  •  15 ml (1 e) rissiesous
  • 15 ml (1 e) vars gemmer, fyngekap
  •  2 knoffelhuisies, gekneus 
  • 1-2 rooi rissies, fyngekap

Plaas al die bestanddele in ’n fles en skud tot goed gemeng.