Voorverhit die oond tot 200 ºC. Bespuit ’n groot bakplaat en voer uit met bakpapier. Knip die hoekies in en bespuit weer met kossproei.

  • Roulade: Plaas die hoender in ’n mikrogolfvaste bak en geur met sout en peper. Voeg die stingel- uie by, bedek liggies met kleefplastiek of bakpapier en mikrogolf 1 min. per 100 g hoender op hoog en dan net so lank op matige hitte.
  • Plaas die hoender saam met pansappe in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn.
  • Berei ’n witsous met die botter, koekmeel en melk. Geur met sout en peper.
  • Klits die eiers en vou by die witsous in. Voeg die hoender by die witsousmengsel en meng goed. Skep in die pan en bak 20-25 min. tot net gaar.
  • Vulsel: Verwerk alles in die voedselverwerker tot fyn. Maak ’n skoon vadoek goed nat, wring uit en plaas op ’n werkbank. Bestrooi ruim­skoots met gerasperde pecorinokaas.
  • Keer die roulade uit op die vadoek, koel effens af en trek die papier af. Smeer die vulsel oor en rol op met behulp van die vadoek. Sit voor as ligte ete saam met slaai.