• Hoender: Ryg die hoenderrepies aan stokkies; moenie te styf ryg nie.
  • Meng die res van die bestanddele en giet oor die kebabs. Laat 2 uur of langer in die yskas marineer. 
  • Braai die hoenderstokkies oor die kole of op ’n riffelpan wat vooraf goed verhit is tot net gaar.
  • Pindasous: Braai die ui in die olyfolie in ’n diep kastrol tot sag. Voeg die suiker, knoffel, komynsaad, kerrie, paprika en brandrissievlokkies by en braai nog 1 min. Voeg die tamatie- en sojasous by en braai nog 1 min. 
  • Haal die kastrol van die hitte af en roer die grondboontjiebotter by. Nou kom die hele geheim van pindasous: Moenie die grondboontjiebotter laat kook nie. Dit moet net smelt, anders is dit ’n olie­rige spulletjie omdat die grondboontjies se proteïendeel en olie skei.
  • Roer tot glad en verwerk tot fyn met ’n staafmenger of in ’n voedselverwerker. 
  • Voeg die klappermelk by en meng tot glad. Sit voor saam met die kebabs en geurige rys.