• Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte. Voeg die uie, kaneelstok, kardemompeule, rooi soetrissie en sout by en braai sowat 5-6 min.
  • Voeg die gemmer, knoffel en brandrissie by. Roer deur. Voeg die borrie, mosterdpoeier, kerriepoeier en swartpeper by. Voeg sowat 125 ml (½ k) water by en laat kook die speserye sowat 15 min. Voeg water by soos nodig om te keer dat die uie brand of aan die pan kleef.
  • Plaas die hoendervlerkies en aartappels in die pan. Voeg 375 ml (1½ k) water by en kook sowat 25 min. of tot die aartappels sag is terwyl jy af en toe roer. Verwyder van die hitte.
  • Voeg die koljander by en roer deur. Sit voor saam met rys, brood of roti’s.