• Rooster die swartpeperkorrels, koljander- en komynsaad sowat 3-5 min. in ’n droë, warm pan; sorg dat dit nie brand nie. Maal met ’n stamper in ’n vysel fyn. 
  • Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte en soteer die ui tot sag en deurskynend. Voeg die hoender, knoffel en gemmer by en braai nog 2 min.
  • Voeg die gestampte speserye, fyn speserye en suiker by. Giet die water by en verlaag die hitte. Geur met die sout, sit die deksel op en laat 20 min. prut tot die hoender deurgaar is – voeg nog water by indien nodig. 
  • Vir voorsit: Sit voor saam met die koljander, paratha en jogurt.