Voorverhit die oond tot 190 °C. 

  • Hoender: Pak die hoender in ’n marineerbak. Meng die res van die bestanddele goed en giet oor die hoender. Maak seker die hoender is oral­oor met die marinade bedek, en marineer minstens 1 uur in die yskas. 
  • Gebak: Sny die vleis en wit gedeelte van die piekelsuurlemoene af. Kap die skil rofweg in stukke en hou eenkant.
  • Haal die hoender uit die marinade en pak in ’n oondbak of op ’n bakplaat. Versprei die piekelsuurlemoene en olywe eweredig tussen die hoender en giet die wyn en aftreksel onder in die bak.
  • Bedek die bak met tinfoelie en rooster 40 min. Haal die tinfoelie af en rooster nog 15 min. of tot goudbruin en gaar. Sprinkel die feta bo-oor en sit voor. 

Ons gebruik van die piekelsuurlemoene om dié hoendergebak ekstra geur te gee.