15 min.
2
15-20 min.
Bestanddele
- PIZZABASIS
- 500 g klaarbereide winkelbrooddeeg
- 125 ml (½ k) passata
- BOLAAG
- 1 rooi-ui in skyfies gesny
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- ½ gaar hoender, ontbeen ?en grofgepluis
- 125 ml (½ k) ontpitte olywe
- 100 g mozzarella, in skyfies gesny of gerasper
- vars gemaalde peper
- KRUIEOLIE
- 60 ml (¼ k) olyfolie
- ’n hand vol gemengde kruie, fyngekap
- ’n knippie sout
- sap van ½ suurlemoen
Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C. Strooi ’n groot bakplaat liggies met meel.
- Pizzabasis: Verdeel die deeg in twee gelyke dele. Rol elke deel op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot ’n dikte van 3-5 mm (of so dik soos verkies). Pak die basisse op die bereide bakplaat en prik met ’n vurk.
- Smeer met die passata en bak 7-12 min. of tot die deeg gaar is. Haal uit die oond uit.
- Bolaag: Versprei al die bestanddele op die pizzabasisse, geur met die peper en bak nog 10 min. of tot die kaas gesmelt is.
- Kruieolie: Meng al die bestanddele vir die kruieolie goed en drup oor die pizzas. Sny rofweg in skywe en sit voor.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET