Bespuit ’n oondbak met kossproei.

Pannekoek

Sif al die droë bestanddele saam en maak ’n holte in die middel. Klits die melk, water, olie en eiers eenkant in ’n bak en giet dit by die meelmengsel.

Klits met ’n ballonklitser of ’n elektriese klitser tot goed gemeng en tot die ­beslag sonder klonte is. Bedek en laat staan minstens 30 min. eenkant (of in die yskas op ’n warm dag).

Verhit ’n kleefvrye pan en drup ’n klein bietjie olie in. Skep ’n soplepel vol van die pannekoekbeslag en giet dit in die pan – kantel die pan terwyl jy die beslag ingooi om te verseker dat dit eweredig versprei.

Bak tot klein borreltjies op die opper­vlak van die pannekoek vorm, draai versigtig om en bak tot gaar en goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Herhaal met die res van die ­beslag.

Vulsel

Verhit die botter en braai die preie en knoffel tot sag. Roer die hoender deur en sprinkel die meel oor. Verlaag die hitte en giet die room (of melk) stadig oor.

Roer tot verdik. Voeg die suurlemoenskil by en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.

Tamatiesous

Verhit die olie in ’n klein kastrolletjie en braai die ui, knoffel en brandrissies tot sag. Voeg die res van die bestanddele by, meng goed en laat 10 min. stadig prut. Geur na smaak met sout en ­peper.

Vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer die hoendermengsel oor die pannekoeke en rol op.

Pak die opgerolde pannekoeke in die oondbak en skep die sous oor. Sprinkel die kaas oor en bak 30 min. tot deurwarm en tot die kaas gesmelt is. Garneer met gebraaide preie en sit voor.