20 min.
4-6
35 min.
Bestanddele
- 6 hoenderdytjies
- sout en vars gemaalde peper
- olie
- 1 ui, gekap
- 4 knoffelhuisies, fyngedruk
- 5-10 ml (1-2 t) tikka-kerriepasta of na smaak
- 1 blik (400 ml) klappermelk
- 250 g bevrore ertjies
- 10 ml (2 t) sojasous
- sap van 1 lemmetjie
- BLOMKOOLRYS
- 1 blomkool, kern verwyder
- 15 ml (1 e) olie
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- 2-3 stingeluie, fyngekap
- sout en peper
- gebraaide sesamsaad
- VIR VOORSIT
- ekstra lemmetjies
Metode

- Geur die hoender met die sout en peper en braai in ’n bietjie verhitte olie tot net bruin. Skep uit.
- Braai die ui saam met die knoffel tot sag, voeg die kerriepasta by en meng.
- Voeg die hoender en klappermelk by, verlaag die hitte en laat prut tot die hoender sag is. Voeg die ertjies by en verhit.
- Voeg die sojasous en lemmetjiesap by. Sit voor saam met die blomkoolrys.
Blomkoolrys
- Kap die blomkoolblommetjies fyn, plaas in ’n voedselverwerker en pols tot fyn.
- Verhit die olie en soteer die knoffel en uie tot net sag. Voeg die blomkool by en roerbraai vinnig tot effens bros buite. Geur met die sout en peper en sprinkel die sesamsaad oor.
Blomkoolrys wat effens geroerbraai word, vervang gewone rys. Maak jou eie met ’n kop blomkool; dis veel goedkoper. Die hoender kook in ’n geurige kerrie-klappermelksousie tot gaar. Bevrore ertjies is ideaal om te gebruik omdat dit geen voorafgaarmaak nodig het nie.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET