Speserye

Droogrooster die speserye 2-3 min. in ’n pan oor lae hitte tot aromaties. Maal dit in ’n vysel met ’n stamper fyn.

Hoender Sny 1-2 kepe in die vel van elke stuk hoender.

Meng die gemmer, knoffel, suurlemoensap, jogurt of karringmelk en die geroosterde spese­rye. Geur met die sout en peper en smeer die mengsel mildelik op die hoender. Laat marineer minstens 30 min.

Pak ’n vuur met kole vir braai. Braai die hoender 20-­30 min. oor matige kole of tot deurgaar. Draai dit elke 3-4 min.

Vir voorsit

Sit die kerriehoender voor saam met roti’s, raita en ’n salsa en rond af met mikrokruie indien verkies

KosKaskenades

Die TV-sjef Caro Alberts deel van haar gunstelingresepte uit haar kookreeks KosKaskenades.

  • KosKaskenades is Dinsdae om 19:00 op SABC2.