• Sous: Verhit al die bestanddele in ’n kastrolletjie en roer tot die suiker opgelos is. 
  • Laat die sous stadig 10 min. prut of tot dit effens verdik. Haal van die hitte af en hou eenkant. 
  • Hoender: Geur die hoender met die sout en peper en rol in die mielieblom. Skud die oortollige mielieblom af.
  • Verhit ’n bietjie olie in ’n pan vir vlakbraai. Braai die hoenderblokke in sarsies tot bros en gaar. Skep uit en hou eenkant.
  • Giet die olie uit die pan en pak die hoender terug in die pan. Giet die sous oor en roerbraai tot klewerig. Sprinkel die sesamsaadjies oor en meng deur. Haal die hoender van die hitte af.
  • Roerbraai: Verhit die olie in ’n ander pan. Roerbraai die brandrissies en gemmer tot geurig. Voeg die res van die bestanddele by en roerbraai tot die pak choi effens verwelk. 
  • Skep die roerbraai op ’n opdienbord en skep die hoender bo-op. Sit voor.