Voorverhit die oond tot 190 °C.

  • Geur die hoender met die sout en peper. Meng die knoffel, appelkoos­konfyt, suurlemoensap en -skil goed en smeer oor die hoender.
  • Pak die hoender en die knoffelbol, indien gebruik, in ’n oondbak en bedek met foelie. Rooster 40 min.
  • Vir afronding: Draai die hoender om en verf met die ekstra appelkooskonfyt. Rooster nog 15-20 min. of tot die hoender goudbruin is. Sprinkel die koljander of pietersielie oor.

Vir ’n ander geurprofiel: Voeg 15 ml (1 e) heelkorrel-mosterd by die appelkoos-konfytmengsel en smeeroor die hoender.