Voorverhit die oond tot 190 ºC.

  • Maak ’n snit aan een kant van die hoenderborsie, moenie deursny nie, en vlek oop. Geur met sout en peper.
  • Vulsel Meng die feta, tamaties, spek en neute of sade en skep op onderste helfte. Plaas basilie­blare bo-op. Vou toe en steek vas met ’n peuselstokkie of bind vas met tou.
  • Groente Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai liggies tot net bruin. 
  • Meng die res van die bestanddele, geur met sout, peper en suiker en skep in ’n oondbak. Bak sowat 20 min. Plaas die hoender bo-op, velkant na bo en bak vir verdere sowat 20 min. tot die hoender net gaar, maar nie droog is nie en die meeste van die souserigheid afgekook is. Sit voor saam met lintnoedels.