• Geur die hoender met die sout en peper en braai in ’n pan met olie tot amper gaar.
  • Voeg ’n pakkie sampioene by en braai ongeveer 5 min. tot die sampioene begin gaar word.
  • Meng die pynappelstukke, sous en al, met die muskadel. Voeg mielieblom by; roer tot opgelos. Hou eenkant tot nodig.
  • Wanneer die hoender amper gaar is, giet die wynmengsel (roer weer net voor jy dit gebruik) oor die hoender en laat dit dik kook. Roer goed.
  • Voeg die basilie net voor voorsit by. Sit die hoender net so voor of saam met basmatirys.