• Week die noedelnessies 5 min. in kookwater tot sag; dreineer en laat 5-10 min. eenkant staan om uit te droog.
  • Verhit ’n kleefvrye pan of wok met 60 ml (4 e) van die olie.
  • Voeg die gedreineerde noedels versigtig by om ’n enkele dun lagie in die olie te vorm.
  • Laat die noedels 2-3 min. aan een kant braai tot bros.
  • Draai dan die hele laag versigtig om en braai 1-2 min. of tot bros aan die ander kant.
  • Skep uit die pan en dreineer op kombuispapier voor jy dit op ’n opdienbord plaas.
  • Vee die pan of wok uit, plaas oor matige hitte en voeg die oorblywende 30 ml (2 e) olie daarin.
  • Sodra die olie begin rook, voeg die hoenderstukkies by en braai 3 min. terwyl jy af en toe roer.
  • Voeg die ui daarby en braai 1-2 min. tot deurskynend; voeg dan die sampioene by saam met die oestersous en 60 ml (4 e) water.
  • Roer om te meng en laat stadig kook tot dit met die helfte afgekook het.
  • Proe en pas die geurmiddels (sout en peper) aan.
  • As jy van meer sous hou, kan jy nog ’n bietjie water en ’n ekstra 15-30 ml (1–2 e) oestersous byvoeg.
  • Skep bo-op die bros noedels en sit voor.