Voorverhit die oond tot 180 °C en hou 'n oondbak byderhand.

  • Plaas die hoender, amasi, knoffel en uie in ’n marineerbak. Meng goed en laat oornag marineer.
  • Pak die gemarineerde hoender in die oondbak uit.
  • Geur die hoender met die suurlemoensap, -skil en hoenderspeserye. Druk die roosmaryn tussen die hoender en drup die olyfolie oor.
  • Bak die hoender 45-60 min. in die oond of tot goudbruin en gaar. 
Wenk
Die hoender is ook heerlik wanneer dit oor die kole gebraai word. Jy kan selfs ’n heel plathoender pleks van die hoenderporsies gebruik. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.