Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat liggies met olyfolie.

  • Hoender: Geur die vlerkies met die hoender­speserye en smeer met die mayonnaise.
  • Rol in mielieblom, dan in die eier en dan in mieliemeel. Rangskik op die bakplaat en plaas vir  20 min. in die yskas.
  • Bak sowat 30 min. tot die vlerkies gaar en die kors liggies bruin is.
  • Pap Meng die mieliemeel, water, melk en sout. Bring tot kookpunt terwyl dit geroer word, verlaag die hitte en kook dit dan ongeveer 20 min. tot gaar.
  • Braai die sampioene in ’n bietjie olie. Voeg dit by die pap saam met die mieliepitte en stingeluie.
  • Slaai: Meng die kool, wortels en sultanas. Meng die mayonnaise en jogurt; roer dit by die slaai in. Garneer met koljander as jy wil.
  • Sit die hoendervlerkies voor saam met die pap en koolslaai.