Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n oondbak met kossproei. Hou 'n vel foelie byderhand.

  • Pak die hoenderporsies met die velkant na onder in die oondbak.
  • Meng die res van die bestanddele goed en giet oor die hoender. Maak seker die hoender is oraloor bedek.
  • Bedek die bak met foelie en bak 30 min. Haal uit die oond. Draai die hoender om, bedek weer met foelie en bak nog 15 min.
  • Verwyder die foelie en bak nog 15 min. of tot die hoender sag en die sous klewerig is.
  • Afronding: Sprinkel die stingeluie oor die hoender, indien gebruik, en sit voor.
Wenk
Jy kan die Coca-Cola in dié resep met 30 ml (2 e) elk heuning en bruinsuiker vervang, indien verkies.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.