• Bring ’n groot kastrol gesoute water tot kookpunt en kook die lasagnevelle tot al dente. Dreineer en hou eenkant.
  • Meng intussen die hoender, kekerertjies, tamatie­pesto en olyfolie goed. Geur na smaak met die sout en vars gemaalde peper.
  • Afronding: Plaas ’n lasagne­vel elk op 4-6 borde. Skep van die hoendervulsel bo-op elke lasagnevel, gevolg deur nog ’n lasagnevel. Stapel nog van die hoender­vulsel bo-op. Sprinkel die sonneblompitte en pecorino oor. 
  • Bedruip met die olyfolie en garneer met die tamaties en basilie. Sit dadelik voor.

Wenk

Basilie- of selfs roketpesto kan gebruik word pleks van die tamatie­pesto.