Maak 'n braaivuur met genoeg kole. Week 6-8 kebabstokkies minstens 30 min. in kookwater.

  • Taboeli: Plaas die sorg­hum in ’n kastrol en bedek met water. Laat kook 40-45 min. of tot gaar. Dreineer en spoel af. Dreineer weer en laat heeltemal afkoel. 
  • Meng die res van die bestanddele by en geur.
  • Lewertjies: Klad die lewertjies droog met kombuispapier en geur met die sout en peper.
  • Meng die res van die speserye en sprinkel oor die lewertjies.
  • Plaas 2 lewertjies in die middel van ’n repie spek of 'n vel netvet en rol toe. Herhaal met die res.
  • Ryg 2 lewerbondels versigtig aan elke stokkie.
  • Pak die kebabs op ’n rooster en verf met die braaisous. Braai 10-15 min. oor lae kole of tot goudbruin en gaar. Sit die kebabs voor saam met die taboeli.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.