Voorverhit die oond tot 220 °C.

Voer 2 oondplate met bakpapier uit.

Druk ’n 20 cm-sirkel uit elke vel deeg.

Verdeel die pesto gelykop en skep in die middel van elke deegsirkel. Bedek met kaas en versnipperde hoender.

Verf die kante met water. Vou een helfte van elke deegsirkel oor die vulsel om dit te bedek. Seël die kante met ’n vurk. Pak die pasteitjies op die oondplate en verf elkeen met ’n bietjie ­water. Strooi pampoensaad oor as jy wil en bak sowat 20 minute tot verbruin.

Vir voorsit

Sit voor saam met ’n groen blaarslaai en ekstra pesto, ­indien verkies.

© RESEPTE EN FOTO’S:  WILLIAM MEPPEM/BAUERSYNDICATION.COM.AU/MAGAZINEFEATURES.CO.ZA; STILIS: VIVIEN WALSH ; FOTO-SJEF: ADAM CREMONA