• Verhit die olie in ’n groot kastrol en verbruin die hoenderstukke oraloor. Verwyder en plaas eenkant. 
  • Braai die uie, knoffel, lemoenstukke, nigella- en koljandersaad in dieselfde pan. Voeg die korente, heuning, fyn en stok­kaneel, brandrissies, lemoensap, water en botter by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut.
  • Plaas die gebraaide hoender ná 10 min. terug in die kastrol en kook nog 20-25 min. met die deksel op. Voeg die vars kruisement in die laaste 10 min. van die kooktyd by. Proe en voeg die sout en peper by. Sit voor saam met die rys en natuurlike dubbelroom­-jogurt.